Kennisgewing om Machaseh Natuurreservaat te verklaar
DEPARTEMENT VAN OMGEWINGSAKE EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING NATIONAL ENVIRONMENTAL MANAGEMENT: PROTECTED AREAS
ACT, 2003 (WET 57 VAN 2003) KENNISGEWING VAN VOORNEME OM MACHASEH NATUURRESERVAAT TE VERKLAAR
Die Provinsiale Minister van Plaaslike Regering, Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning in die Wes-Kaap (die Provinsiale Minister)––
( a ) gee ingevolge artikel 33(1)(a) van die National Environmental Management: Protected Areas Act, 2003 (Wet 57 van 2003) (die Wet), kennis van die voorneme om–– ( i ) kragtens artikel 23(1)(a)(i) van die Wet, die volgende gebied as ’n natuurreservaat (die beoogde natuurreservaat) te verklaar:
Gedeelte 1 van die Plaas Eilands Fontein Nr. 17, geleë in die Langeberg-munisipaliteit, Afdeling Montagu, Provinsie Wes-Kaap; groot: 844, 8371 (Agthonderd Vier-en-Veertig komma Agt Drie Sewe Een) hektaar; gehou kragtens Transportakte Nr. T17422/2019,
waarvan die grense weergegee word op die kaart uiteengesit in die Bylae; en ( ii ) kragtens artikel 23(1)(b) van die Wet, die naam “Machaseh Natuurreservaat” aan die beoogde natuurreservaat toe te ken;
( b ) gee kennis dat die beoogde natuurreservaat ongeveer 37 km noordoos van Montagu en 36 km suidoos van Touwsrivier, die naaste dorp, geleë is en grens aan Anysberg Natuurreservaat op die westelike grens, soos aangedui op die kaart in die Bylae;
( c ) gee kennis dat CapeNature die beoogde natuurreservaat geëvalueer het, en dit blyk uit hierdie evaluering dat die beoogde natuurreservaat oor verskeie eienskappe beskik wat dit geskik maak vir verklaring as ’n natuurreservaat;
( d ) gee kennis dat die beoogde optrede bedoel in paragraaf (a)(i) die vereistes van artikel 23(2)(b)(i) en (iii) van die Wet nakom, aangesien dit daarop gemik is om die die beoogde natuurreservaat te beskerm, wat kenmerkende natuurlike eienskappe of biodiversiteit bevat en langtermyn beskerming benodig vir die instandhouding van sy biodiversiteit of vir die voorsiening van omgewingsgoedere en -dienste;
( e ) gee kennis dat die inhoud van die Bylae en besonderhede van die evaluering bedoel in paragraaf (c) by https://www.capenature.co.za/protected-areas-and-stewardship gevind kan word;
( f ) gee kennis dat die Provinsiale Minister nie, op hierdie stadium, bewus is van enige potensiële regte of belange van die plaaslike gemeenskap, of belanghebbendes uitgesonderd die eienaar van die beoogde natuurreservaat, wat deur die beoogde optrede bedoel in paragraaf (a) geraak kan word nie;
( g ) nooi lede van die publiek uit om, binne 60 dae vanaf die datum van publikasie van hierdie kennisgewing in die Provinsiale Koerant, skriftelike vertoë oor of besware teen die beoogde optrede bedoel in paragraaf (a) by die Provinsiale Minister in te dien deur–
(i) die vertoë of besware te pos na:
Dr Ashley Naidoo
Die Hoof- Uitvoerende Beampte
Aandag: Me Kaylin Reid
CapeNature
Privaat Sak X29
Gatesville 7766;
(ii) die vertoë of besware af te lewer by:
Me Kaylin Reid
Regsadviseur
CapeNature
Hv Bosduif- en Volstruisstraat
Bridgetown
Athlone; of
(iii) die vertoë of besware per e-pos te stuur na:
( h ) nooi belanghebbendes of geaffekteerde persone uit om, in toepaslike omstandighede, binne die tydperk beoog in paragraaf (g), mondelinge vertoë of besware voor te lê aan die Provinsiale Minister of aan ’n persoon deur die Provinsiale Minister aangewys. Skriftelike vertoë of besware wat ontvang word, of mondelinge vertoë of besware wat voorgelê word, ná die sluitingsdatum kan buite rekening gelaat word.
Navrae kan gerig word aan me Kaylin Reid by 087 087 4102.