kennisgewing van voorneme om Mount David Natuurreservaat te verklaar

DEPARTEMENT VAN OMGEWINGSAKE EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING NATIONAL ENVIRONMENTAL MANAGEMENT: PROTECTED AREAS ACT, 2003 (WET 57 VAN 2003)
KENNISGEWING VAN VOORNEME OM MOUNT DAVID NATUURRESERVAAT TE VERKLAAR

Die Provinsiale Minister van Plaaslike Regering, Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning in die Wes-Kaap (die Provinsiale Minister)—
( a ) gee ingevolge artikel 33(1)(a) van die National Environmental Management: Protected Areas Act, 2003 (Wet 57 van 2003) (die Wet), kennis van sy voorneme om—
( i ) kragtens artikel 23(1)(a)(i) van die Wet, die volgende gebiede as ’n natuurreservaat (die beoogde natuurreservaat) te verklaar:
(aa) Restant van die Plaas Zout Kuil Nr. 164, geleë in die Breedevallei-munisipaliteit, Afdeling Worcester, Provinsie Wes-Kaap; groot: 2210, 5504 (TweeduisendT weehonderd en Tien komma Vyf Vyf Nul Vier) hektaar; gehou kragtens Transportakte Nr. T33022/2002

;(bb) Restant van die Plaas Bothas Hoek Nr. 165, geleë in die Breedevallei- munisipaliteit, Afdeling Worcester, Provinsie Wes-Kaap; groot: 642, 2101 (Seshonderd Vier-en-Twintig komma Twee Een Nul Een) hektaar; gehou kragtens Transportakte Nr. T46113/2007;
(cc) Die Plaas Geckorock Nr. 833, geleë in die Breedevallei-munisipaliteit, Afdeling Worcester, Provinsie Wes-Kaap; groot: 710, 5875 (Sewehonderd en Tien komma Vyf Agt Sewe Vyf) hektaar; gehou kragtens Transportakte Nr. T46115/2007;

(dd) Gedeelte 2 van die Plaas Uitkomst Nr. 13, geleë in die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit, Afdeling Montagu, Provinsie Wes-Kaap; groot: 94, 6816 (Vier-en-Neëntig komma Ses Agt Een Ses) hektaar; gehou kragtens Transportakte Nr.T46113/2007,
waarvan die grense weergegee word op die kaart uiteengesit in die Bylae; en( ii ) kragtens artikel 23(1)(b) van die Wet, die naam “Gecko Rock Privaat Natuurreservaat” aan die beoogde natuurreservaat toe te ken;
( b ) gee kennis dat die beoogde natuurreservaat ongeveer 20 km suid van Touwsrivier, die naaste dorp, geleë is soos aangedui op die kaart in die Bylae;
( c ) gee kennis dat CapeNature die beoogde natuurreservaat geëvalueer het, en dit blyk uit
hierdie evaluering dat die beoogde natuurreservaat oor verskeie eienskappe beskik wat
dit geskik maak vir verklaring as ’n natuurreservaat;
( d ) gee kennis dat die beoogde optrede bedoel in paragraaf (a)(i) die vereistes van artikel 23(2)(b)(i) en (iii) van die Wet nakom, aangesien dit daarop gemik is om die beoogde natuurreservaat te beskerm, wat kenmerkende natuurlike eienskappe of biodiversiteit bevat en langtermyn beskerming benodig vir die instandhouding van sy biodiversiteit of vir die voorsiening van omgewingsgoedere en -dienste;
( e ) gee kennis dat die inhoud van die Bylae en besonderhede van die evaluering bedoel in paragraaf (c) by https://www.capenature.co.za/protected-areas-and-stewardship gevind kan word;
( f ) gee kennis dat die Provinsiale Minister nie, op hierdie stadium, bewus is van enige potensiële regte of belange van die plaaslike gemeenskap, of belanghebbendes uitgesonderd die eienaar van die beoogde natuurreservaat, wat deur die beoogde optrede bedoel in paragraaf (a) geraak kan word nie;
( g ) nooi lede van die publiek uit om, binne 60 dae vanaf die datum van publikasie van hierdie kennisgewing in die Provinsiale Koerant, skriftelike vertoë oor of besware teen die beoogde optrede bedoel in paragraaf (a) by die Provinsiale Minister in te dien deur—
(i) die vertoë of besware te pos aan:
Dr Ashley Naidoo
Die Hoof- Uitvoerende Beampte
Aandag: Me Kaylin Reid
CapeNature
Privaatsak X29
Gatesville 7766;
(ii) die vertoë of besware af te lewer by:
Me. Kaylin Reid
Regsadviseur: Rentmeesterskap
CapeNature
Hv Bosduif- en Volstruisstraat
Bridgetown
Athlone; of
(iii) die vertoë of besware per e-pos te stuur na:
[email protected]; en
( h ) nooi belanghebbende of geaffekteerde persone uit om, in toepaslike omstandighede, binne die tydperk beoog in paragraaf (g), mondelinge vertoë of besware voor te lê aan die Provinsiale Minister of ’n persoon deur die Provinsiale Minister aangewys.

Skriftelike vertoë of besware wat ontvang word, of mondelinge vertoë of besware wat voorgelê word, ná die sluitingsdatum kan buite rekening gelaat word.
Navrae kan gerig word aan me Kaylin Reid by 087 087 4102.

Sign In

Register

Reset Password

Please enter your username or email address, you will receive a link to create a new password via email.